Underplayed Gems
The whole movie catalogue

Films and series, searchable by what they are

← Back to the shop

Bewonder & Bewaar met Bonné de Bod (2022)

Bewonder & Bewaar met Bonné de Bod poster
Genre
nature documentary
Country
South Africa
Elsewhere
IMDb

How it feels

This nature series follows presenter Bonné de Bod as she travels to wilderness areas in South Africa, Namibia and Argentina. She talks with conservation scientists, veterinarians and researchers to learn about their projects and what drives them personally. The show aims to share stories that create hope.

inspiringhopefuladmiringinformativepersonalobservationalwarm

What happens

Bewonder & Bewaar met Bonné de Bod is 'n Suid-Afrikaanse televisie-natuurreeks wat geskep is deur die bekroonde span: die televisie-aanbieder en vervaardiger, Bonné de Bod en regisseur Susan Scott en uitgesaai is op kykNET. In die reeks word plaaslike en buitelandse natuurnavorsers se baanbrekersprojekte getoon en word daar ook meer uitgevind oor die mens agter die navorsing. Die duo wat wyd bekroon is vir hulle dokumentêre rolprente, STROOP: Journey into the Rhino Horn War en Kingdoms of Fire, Ice & Fairy Tales, en gesamentlik meer as 55 benoemings en toekennings as aanbieder, vervaardigers en regisseur het, het verskeie wildernisgebiede in Suid-Afrika, Namibië en Argentinië besoek en natuurnavorsingsprojekte op kamera vasgelê. De Bod gesels met bewaringswetenskaplikes, veeartse en navorsers om nie net aan die kyker die projekte te toon nie, maar ook dieper te delf om die passie, persoonlikheid en mens agter elke navorser wat hul bestaan in die natuur voer, na vore te bring. In 'n onderhoud met Maroela Media, verduidelik De Bod dat dit haar rol is om storieverteller te wees en dat haar doelwit met die reeks was om iets met mense te deel wat hoop skep. "Ek wil dit wat my in die natuur verstom laat staan op 'n suksesvolle manier oorvertel. Hoewel ek nie 'n wetenskaplike is nie, is 'n liefde vir bewaring diep in my hart gewortel, en ek dink baie kykers voel dieselfde." Sy voeg by dat sy te midde van moeilikhede en probleme wêreldwyd, kykers die geleentheid wil gee om te ontspan en na 'n inspirerende en positiewe televisieprogram te kyk. (from Wikipedia, CC BY-SA)

More like this

This page is from Underplayed Gems. Not quite it? Tell the Catbot what you feel like watching and it picks from the whole catalogue, or browse by genre, country and year.

Lists: Korean thrillers worth the evening · Anime films beyond Studio Ghibli · Slow films for a rainy night · Horror that unsettles instead of startling · Series you can finish in a weekend · Nordic crime worth the subtitles · Good films that end in under 90 minutes · Documentaries that play like thrillers

Loading movies…

What should I watch?